Tadamichi Kuribayashi

Tadamichi Kuribayashi
栗林忠道
Tadamichi Kuribayashi

Geboortedatum 7 Julie 1891
Geboorteplek Nagano, Japan
Sterfdatum ca. 26 Maart 1945 (53 jaar oud)
Sterfplek Iwo Jima, Japan
Lojaliteit Vlag van Japan Japan
Diens/Tak Keiserlike Japannese weermag
Jare in diens 1911–1945
Rang General
Eenheid 1ste Kavallerie Brigade
2de Wagdivisie
109de Infanteriedivisie
Veldslae/oorloë Tweede Wêreldoorlog
Toekennings Groot Kordon van die Orde van die Opkomende Son (1967; postuum)
Groot Kordon van die Orde van die Heilige Skat
Orde van die Opkomende Son met goud en silwer ster (2de klas)
Orde van die Opkomende Son, Gold-strale met halsband (3de klas)

Tadamichi Kuribayashi (Japannees: 栗林忠道 Kuribayashi Tadamichi; 7 Julie 1891 - ca. 26 Maart 1945) is gebore in die Nagano-prefektuur in Japan. Kuribayashi was 'n Luitenant-Generaal in die Keiserlike Japannese Weermag en was meestal bekend as die hoof van die keiserlike garnisoen op die eiland van Iwo Jima gedurende die Tweede Wêreldoorlog.

Kuribayashi was aangestel deur die eerste minister Hideki Tojo om Iwo Jim te verdedig. Hy het 20 000 soldate onder sy beheer gehad met geen lugmag of vloot nie en dit teen 'n Amerikaanse mag van 100 000 soldate. Gedurende die oorlog het slegs 296 Japannese soldate oorgegee. Kuribayashi het vele briewe aan sy familie geskryf wat 'n goeie historiese perspektief oor die Slag van Iwo Jima geskep het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy